BERGRIVIER LOCAL MUNICIPALITY VACANCY: PERFORMANCE AND AUDIT COMMITTEE MEMBER (RISK SPECIALIST) Applications are invited from persons with adequate Risk Management experience and knowledge to serve as a member of the Bergrivier Municipality’s Performance and Audit Committee (1 x vacancy).
Applicants must meet the following requirements: a) Have a relevant tertiary qualification in Risk Management and at least five or more (5+) years applicable experience in Risk Management; b) Applicants with tertiary qualifications in Financial Management, Accounting, Internal Auditing, Administration, Governance, Performance Management and Law may be considered provided that extensive experience in Risk Management can be proven; c) Not serving on more than three (3) local government audit committees simultaneously; d) Applicant must also be able to read and understand Afrikaans (Majority language used in Bergrivier). Preference will be given to applicants who resides in the Bergrivier Municipal Area. Further details are available from Ms Jurene Erasmus at 022 913 6002. To apply, please forward a comprehensive Curriculum Vitae (CV) with a covering letter to the Municipal Manager, Bergrivier Municipality, PO Box 60, Piketberg, 7320 or mm@bergmun.org.za Please note: Certified proof of your qualifications is a requirement for selection and must be attached to your CV. Applicants who do not submit all the supporting documentation as requested, will not be considered for this position. Please note that receipts of applications will not be acknowledged and no supporting documentation will be returned. Closing date: Vrydag 04 December 2020 If you do not hear from us within four (8) weeks of the closing date, please regard your application as unsuccessful. The Council reserves the right not to make any appointments. BERGRIVIER MUNISIPALITEIT VAKATURE: PRESTASIE EN OUDITKOMITEELID (RISIKOBESTUUR SPESIALIS) Aansoeke word ingewag van persone met toepaslike Risikobestuur ondervinding en kennis om as lid van die Bergrivier Munisipaliteit se Prestasie en Ouditkomitee te dien (1 x vakature). Die Ouditkomitee word ingestel ingevolge die bepalings van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (MFMA) en lede word vergoed volgens tariewe soos van tyd tot tyd voorsien deur Nasionale Tesourie. Komiteelede sal verantwoordelik wees om die munisipale raad, die rekenpligtige beampte, politieke ampsdraers en bestuur te adviseer ten opsigte van sake wat verband hou met interne finansiële beheer, interne oudit, prestasiebestuur, doeltreffende regering, nakoming van die MFMA en ander sake in lyn met die Ouditkomitee handves. Hierdie komitee vervul ‘n oorsigrol ten opsigte van die totale administrasie en prestasie van die Bergrivier Munisipaliteit. Die aanstelling is vir 'n tydperk van drie (3) jaar, waarna die termyn verleng kan word vir 'n verdere tydperk van drie (3) jaar slegs op die diskresie van die Raad. Aansoekers moet aan die volgende vereistes voldoen: a) Moet ʼn tersiêre kwalifikasie hê in Risikobestuur asook ten minste vyf of meer (5+) jaar toepaslike ervaring in Risikobestuur; b) Aansoekers met tersiêre kwalifikasies in Finansiёle Bestuur, Rekeningkunde, Administrasie en Bestuur, Interne Oudit, Prestasiebestuur en Regte mag oorweeg word indien toepaslike Risikobestuur ondervinding gestaaf kan word; c) Nie gelyktydig dien op meer as drie (3) plaaslike regering ouditkomitees nie; d) Applikante moet ook Afrikaans kan lees en verstaan (Meerderheidsvoertaal in Bergrivier). Voorkeur sal gegee word aan persone wat woonagtig is in die Bergrivier Munisipale gebied. Verdere besonderhede is beskikbaar by Me Jurene Erasmus by Tel 022 913 6002 Om aansoek te doen, stuur 'n omvattende Curriculum Vitae (CV) met 'n dekbrief aan die Munisipale Bestuurder, Bergrivier Munisipaliteit, Posbus 60, Piketberg, 7320 of mm@bergmun.org.za Let wel: Gewaarmerkte afskrifte van u kwalifikasie(s) word vir keuring vereis en moet u CV vergesel. Aansoekers wat nie al die ondersteunende dokumentasie indien nie, sal nie vir hierdie pos oorweeg word nie. Neem asseblief kennis dat ontvangs van aansoeke nie erken word nie en geen ondersteunende dokumentasie sal terugbesorg word nie. Sluitingsdatum: Vrydag 04 Desember 2020 Indien u nie binne vier (8) weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Die Raad behou die reg voor om nie 'n aanstelling te maak nie.
Comments are closed.
|